TENNIS:

 

Tennis word in die eerste en die vierde kwartaal gespeel en word beskou as ‘n opvoedkundige aktiwiteit.

 

Doelstelling:

 

Die spel, afrigting en administrasie word gegrond op opvoedkundige beginsels. Gesonde kompetisie tussen individue en ander skole  word aangemoedig maar die genot van die spel moet nooit onderbeklemtoon word nie. Kweek van gesonde sportmangees. Toepassing van tegniek in spel.

 

Die ontwikkeling van basiese vaardighede en fisiese fiksheid is die primêre doelwitte. Sportmangees, aanvaarbare gedrag, op en van die baan af en regverdigheid, moet te alle tye seëvier. Die feit dat tennis in baie opsigte ‘n individuele sport is, kan nie geïgnoreer word nie, maar nie ten koste van spanbou nie. Alle spelers moet bewus wees daarvan dat hulle vir hulle skool speel sowel as vir hulleself.  Persoonlike doelwitte moet gekoester word en in balans wees met die doel om vir ‘n span te speel.

 

Hou asb. die d6 dop vir alle kommunikasie rakende die tennis.

 

Organiseerder: Me. Anne Möller

 

IMG 20180207 WA0040  IMG 20180207 WA0027