IMG 2729 Large  IMG 2762 Large  IMG 2741 Large 


 RUGBY:

Laerskool Laeveld se rugbyseisoen strek vanaf einde Februarie tot middel Junie. Rugbyspelers wat nie in die Atletiekspan is nie, begin reeds in Januarie met vaardighede en fiksheid.

 

Spanne:

O/7 en O/8 speel Tag Rugby gedurende toernooie op Vrydae of Saterdae soos aangebied deur verskeie skole.                                                                                                                     

O/9 tot O/13 speel vyftienman rugby, ligawedstryde vind gedurende weeksdae plaas.

Afrigting:

Ons het twee afrigters by elke span betrokke.

Wedstryde:

Daar word gepoog om vir elke span 16 wedstryde per seisoen te reël. Dit sluit in vriendskaplike wedstryde, toere en die Mpumalanga uitspele.

Mpumalanga Uitspele:

Ons O/9, O/10, O/11 en 1ste span neem daal aan die uitspeelwedstryde vir Mpumalanga wenners.

Organiseerder: Mnr. Johan Stander

Alle inligting rakende die Rugbyseisoen sal op die d6 onder BRONNE verskyn. Ons rig graag 'n versoek aan alle ouers om hierdie toepassing af te laai ten einde op hoogte te bly van die daaglikse kommunikasie tussen die skool en die ouers.