DSC 0185 1 

IMG 2713 Large

 

NETBAL:

 

Visie:

 

Om ons dogters te help vorm tot individue met uitnemende karakter, goeie sportgees, uithouvermoë en positiewe spangesindheid wat presteer tot die beste van hul vermoë.

 

Doelwitte:

 

Om netbal te geniet maar tog kompeterend deel te neem.

‘n Gesonde liggaam en gees by die dogters te kweek.

Dogters leer om in spanverband saam te werk.

Nodige basiese vaardighede te leer en dit verder te ontwikkel sodat hul kan presteer tot die beste van hul vermoë.

 

Seisoen:

 

Die seisoen begin aan die einde van die eerste kwartaal en eindig in Junie jaarliks.

 

Spanne:

 

Dogters speel van 0/8 tot 0/13.

 

Wedstryde:

 

Ons poog om jaarliks soveel moontlik wedstryde vir die dogters te reël, hetsy vriendskaplik of ligawedstryde.

 

Organiseerder: Me. Ilana Loubser

Alle inligting rakende die Netbalseisoen sal op die d6 onder BRONNE verskyn. Ons rig graag 'n versoek aan alle ouers om hierdie toepassing af te laai ten einde op hoogte te bly van die daaglikse kommunikasie tussen die skool en die ouers.

 
"A coach can never make a great player out of a person who is not potentially good, but can make a  great competitor out of anyone and turn a loser into a WINNER"
 
 
DSC 0185 1    IMG 2681 Large