KOOR:

Laerskool Laeveld poog om met Koorsang by ons leerders ‘n lewenslange liefde vir musiek en sang te ontwikkel. Koor leer ook ons leerders om  deursettingsvermoë te ontwikkel en met toewyding as ‘n span saam te werk.



Laerskool Laeveld beskik oor twee kore. Die Juniorkoor sowel as Seniorkoor. Beide kore tree tydens skoolfunksies op asook by die Nelspruit Standard Bank Eisteddfod.

Juniorkoor / Junior Choir: 

Wanneer die oudisies afgehandel is sal die leerlinge wat geslaag het, briewe ontvang. 

Die doelstellings van die Juniorkoor is as volg:

  • Om liefde vir musiek te kweek.
  • Ontwikkeling van stem en gehoor.
  • Suiwer sang te bevorder.
  • Aanleer van dissipline en volharding.
  • Om deur optredes ‘n gesonde selfbeeld te kweek.
  • Om kultuurtrots te bevorder.
  • Ons sing om dit te geniet.

Ouderdomsgroep / Vereistes: Gr. 1 – 3 leerders wat die stemtoets geslaag het.

Koordrag:

Swart langbroek, wit langmouhemp met 'n kraag. Swart kouse en swart skoene.
(Bogenoemde klere moet self deur die koorlede aangekoop word).
Swart onderbaadjie en rooi serp.
(Word deur die skool voorsien.)

Optredes:

Soveel optredes as moontlik word vir die leerders gereël.

“Hy wat sing het min sorge of kommer en is altyd blymoedig!”  - Martin Luther


LAERSKOOL LAEVELD SENIOR KOOR 

Om lid te wees van Laerskool Laeveld se Seniorkoor is een groot fees. Deur die jaar neem ons aan verskeie koorkompetisies en feeste deel. Ons sê dankie vir ons Hemelse Vader wat vir ons die talent gegee het om te sing.   

Oefentye / Practise Times:

Ouderdomsgroep / Vereistes: Gr. 4 –7 leerders wat die stemtoets geslaag het.


Koordrag:

Swart langbroek met swart skoene en kouse.
(Bogenoemde klere moet self deur die koorlede aangekoop word).
Wit Langmouhemp (Word deur die skool voorsien) en rooi toebehore word ook deur die skool voorsien.

 IMG 8932  IMG 8936