DSC 0201  DSC 0237 

 EISTEDDFOD:

 

Die Eisteddfod bied vir ons leerlinge, Afrikaans  sowel as Engels die ideale geleentheid om hulle volle potensiaal te bereik. Dit skep ‘n verhoog waarop leerlinge met selfvertroue voor ‘n gehoor optree.  Ook bevorder dit konsentrasie en selfdissipline.  Hulle word blootgestel aan die klein juwele in die letterkunde, en kry pitkos vir die siel. Leerlinge kan volgens hulle vermoë deelneem aan ‘n wye veld van afdelings bv. gewone en gedramatiseerde poësie en prosa, asook groepitems soos spreekkore, eksperimentele stukke, duo en trio voordragte, samesprake en monoloë. 

 

Laerskool Laeveld speel al vir baie jare ‘n leidende rol in die Eisteddfod.  Met ‘n groep entoesiastiese onderwysers, puik afrigters en opgewonde leerlinge bereik Laerskool Laeveld nog elke jaar groot hoogtes.  Ons bou so voort. Ons is voorwaar ‘n prestige A++ skool.

 

Wat leer die Eisteddfod ons kinders?

 

Om met selfvertroue voor ‘n gehoor te kan optree.  Selfdissipline: oefeninge is harde werk! Kennismaking met die taal op ‘n unieke manier. Om deur middel van poësie ‘n prentjie te skilder met stem,  gesigspel en houding.  Dit verg dissipline! Wat ‘n voorreg het Laerskool Laeveld se leerlinge om deel te kan neem aan soveel woordpret!
DSC 0263  DSC 0900