Welkom by Laerskool Laeveld

Wen R 10 000-00 ten bate van u skoolfonds...!!! 

Indien u tussen 1 September en 30 November brandstof ingooi by Sonpark BP, kom u in aanmerking om R 10 000-00 kontant ten bate van u kind / kinders se skoolfonds te wen. Die wen-skool ontvang dan ook 'n kontant bedrag ter waarde van R 5 000-00. Moenie hierdié geleentheid misloop nie!!

Laeveld se hart klop GROEN & GOUD!!

    DSC 0384      DSC 0382 

Ons graad 6 leerders spog met puik LV projekte! 

Ons graad 6 leerders het onlangs in die vak Lewensvaardigheid projekte gemaak wat handel oor die DBV, Pro-life, Nasionale dae, versorging van bejaardes en kinders bv. Huis Bethlehem. Dankie julle projekte is pragtig. Van die leerlinge het die versorgingsinstansies self gaan besoek en saam met die diere en bejaardes foto's geneem. Juffrou Gerda sê julle is TOPS graad 6'e! Nog foto's beskikbaar op FB en d6.

        DSC 0388   

Laeveld se graad 5 leerders bou voertuie van formaat!! 

Ons graad 5 leerders moes in Natuurwetenskap 'n voertuig bou wat selfaangedrewe is. Deel van die projek was ook om 'n LED gloeilamp te laat brand sonder 'n battery. Hulle het pragtige take ingegee waarin hul net hul beste gelewer het. Geluk maats!

     DSC 0013       tjor 

Talentkompetisie 2015! 

Baie dankie aan elke deelnemer, donateur en juffrou Cherlene vir jul bydraes tot 'n baie suksesvolle Talentkompetisie. Maats die items was van uitstaande gehalte, ons is so trots op jul!

          IMG 5981                                   IMG 6236