Welkom by Laerskool Laeveld

Laerskool Laeveld se Pappa & Prinses Aand voorwaar glansryk

Laerskool Laeveld se jaarlikse Pappa & Prinses aand was weereens ‘n baie spesiale geleentheid waar elke pappa sy dogter/s bederf het met ‘n glansryke geleentheid.

Pappa en sy prinses het gesellig saamgekuier met heerlike verversings, foto’s is geneem en ‘n draai is op die dansbaan gemaak saam met pappa. 

                      DSC 0472                           mooi 

Ons 0/11 Krieket-trots in Semi-Finale ...!!! 

Baie sterkte aan Mnr. Kriel en ons 0/11 Krieketspan wat vandag teen JJ van der Merwe in Ermelo uitspeel in die Mpumalanga Semi-Finale. Laerskool Laeveld is baie trots op jul. Vasbyt, hard speel, uithou en aanhou tot die einde! KEN HOM EN LEEF.

                                      DSC 0527 

So lyk ons LIGA wenners...!!

Baie geluk aan Mnr. Kriel en ons 0/11 Krieketspan wat gister as Ligawenners uit die stryd getreë het. Hulle het teen Nelspruit Primary met 2 paaltjies gewen, 11/11 wedstryde vir die seisoen onoorwonne en die wendroogte van 12 jaar as ligawenners gebreek!! Ons is SO trots op julle! Baie sterkte met die Mpumalanga uitspele wat na die vakansie plaasvind! 

                                        DSC 0039 

 

DSC 0215 

Theresé oppad na SA's.

Baie sterkte aan Theresé Seyffert wat die Mpumalanga span gaan verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Landloop die naweek te Oos-Londen.

Ons is baie trots op jou, jy is 'n ware ambassadeur vir ons skool! 

Vier hokkiespelers deur na finale proewe vir Mpumalanga Span.

Baie geluk aan die volgende dogters wat deurgedring het na die finale proewe vir die Puma span: Noziphiwo Mkwanazi, Ané Janse van Rensburg, Luane Nagel en Chine Maritz.  Sterkte ons is baie trots op julle!