Welkom by Laerskool Laeveld

Jacques Gombault kuier by Laerskool Laeveld!

Picture 877 Jacques Gombault, bekende akteur en filmmaker van Simson en Lang Gras, het onlangs 'n draai by Laerskool Laeveld gemaak!

Jacques het ons leerders toegespreek en spesifiek gefokus op Boelies en Boeliegedrag. Volgens Jacques moet leerders op die uitkyk wees vir 4 tipes boelies: Jy word geboelie omdat jou huislike omstandighede swak is en as gevolg daarvan boelie kinders jou. Jaloesie teenoor jou veroorsaak dat leerders jou boelie. Kinders maak grappe teenoor jou, maar dit is gemik daarop om jou seer te maak.Jy boelie jouself a.g.v. foute wat jy gemaak het en daarom kan jy jouself nie vergewe nie.

Baie dankie aan Jacques vir die handige wenke waarmee ons leerders toegerus is om Boelies te hanteer.
Anchene - die ster met vele talente!

Anchene  Anchene Jacobs, 11 jaar oud, ‘n leerling van Laerskool Laeveld, neem Saterdag, 26 Mei 2012, om 12h00 deel aan die SOUTH AFRICAN TALENT CHAMPIONSHIPS se provinsiale rondte.  SATCH bied aan jong Suid-Afrikaners die geleentheid om in vyf verskeie kategorieë op te tree en sodoende hul musiek- en kunstalent te help ontwikkel. Hierdie kompetisie sal aan hulle 'n platform verskaf om uit te blink en nasionale erkenning te verwerf. Die vyf kategorieë waarin deelgeneem kan word, is dans, sang, drama, modelwerk en musiekinstrumente-spel. (Elke kategorie bevat 'n aantal genres). Die deelnemers word deur ‘n professionele kamera- en klankspan afgeneem, waarna die geredigeerde DVD’s na ‘n paneel beoordelaars gestuur word.  22 000 deelnemers tussen die ouderdomme 5 – ope neem deel.

Sy gaan haar staal wys in 4 items: Afrikaanse sang (met klavierbegeleiding) – Sonneblom uit Bethlehem, Musical (met ‘n klankbaan) – Maybe uit Annie, Die niks deur Jaco Jacobs – Gedramatiseerde poesie, Die laaste pruime deur Audrey Blignault -  Gedramatiseerde prosa. Baie sterkte aan haar, ons is trots op haar!!
Laeveld Netbal is VUUR & VLAM

DSCF2669 Laerskool Laeveld se netbalspanne vaar uitstekend dié seisoen.  Nie net het van ons spanne uitstekende toernooie bygewoon gedurende die April vakansie nie, daar word ook baie hard geoefen. Met kundige afrigting, entoesiastiese spelers en ondersteunende ouers gaan ons van krag tot krag.

'n Groot dankie aan al ons donateurs wat in die behoeftes van ons kinders voorsien, hetsy met die borg van sportdrag, hulp met afrigting, die maak van kospakkies ens. Sonder die betrokkenheid en ondersteuning van ons ouers en die gemeenkskap  is dit vir ons onmoontlik om sukses te behaal.

Op die rugbyveld wys ons manne staal... Hou die spasie dop vir rugbyuitslae!!
Read more: Netbal
Besoek aan Barberton Vigswesies

Picture 676 Laerskool Laeveld se skoolprefekte het met Valentysdag ‘n spesiale projek geloods “Wys my jou hart”. Leerders kon deelneem aan die kompetisie en kon hul  handgemaakte harte inskryf.  Met dié projek is daar net weereens besef hoe kreatief ons leerders is wat met die mooiste harte vorendag gekom het. Alle harte is na afloop van die kompetisie geskenk aan die skool.  

Die skoolprefekte, mediaprefekte asook die skool se Diensspan het by verskeie geleenthede die harte gaan uitdeel onder andere by die kinderafdeling van Rob Ferreira Hospitaal asook Herfsakker Ouetehuis.  Onlangs het hul ook die Huis vir Vigswesies in Barberton besoek en harte gaan uitdeel.

Read more: Besoek aan Barberton Vigswesies
Lollies Pretletiekdag

Picture 554 Laerskool Laeveld het die afgelope Saterdag weer ‘n skitterende Pretletiekdag aangebied. Dié byeenkoms word reeds vanaf 2001 aangebied en groei jaarliks van krag tot krag. Nege kleuterskole / speelgroepies in die omgewing het die hoofletterdag op die skoolkalender bygewoon. Ongeveer 370 jong atlete het hul staal gewys op die atletiekbaan, hindernisbaan asook springkastele.

Daar is ook heerlik piekniek gehou en die maters kon smul aan alle lekkernye. Daar is ook met groot entoesiasme gesing en gespring. Baie dankie aan Westend Superspar (oom Stolla) wat gesorg het dat elke maatjie‘n pragtige medalje kon saamneem huistoe.

Read more: Lollies Pretletiekdag