Welkom by Laerskool Laeveld

Baie welkom aan ons Gr. RR, R, & Gr. 1 maters!!

Ons nuwe maats vir Gr. RR - Gr. 1 is vanoggend hartlik welkom geheet in die saal waar elk dan ook die geleentheid gegun is om sy / haar nuwe juffrou te ontmoet. Ouers het noodsaaklike inligting vir die jaar ontvang terwyl maats hul nuwe klas kon besigtig en sommer naderby kennis maak met nuwe maatjies! Ons glo 2016 gaan 'n baie spesiale jaar vir julle wees by Laerskool Laeveld!

      DSC 0156        DSC 0171

Laeveld spog met 8 nuwe onderwys-kollegas.

Baie welkom aan die volgende personeel wat deel van die Laeveld Onderwyskorps is. Ons glo jul gaan gelukkige, geseënde jare by ons skool beleef.

Me. Yolandi Moolman (Gr. R), Me. Rozelle Cicione (Gr. 1), Me. Ansie du Plessis (Gr. 1), Me. Johanné Gouws (Gr. 2), Me. Geraldine Barnard (Gr. 3), Me. Elbie Vorster (Gr. 5), Me. Susan Ras (Gr. 5) en Me. Tanja Louw (Gr. 6). Loer gerus op FB vir hul foto's!

Ons "Bou die mure" in 2016!!

Baie welkom aan elke ouer en Laeveld maat! Ons tema vir 2016 is "Bou die mure" na aanleiding van Nehemia 2. Kom ons bou in hierdie nuwe jaar aan ons karakter, selfbeeld ens. Oom Johan en sy span het dan ook letterlik hard aan die werk gespring om pragtige verbeteringe op ons terrein aan te bring! Baie dankie, ons is trots op ons spog-skool!!

          DSC 0155             IMG 2503 

Laerskool Laeveld spog met ons uitblinkers!!

Ons toppresteerders vir 2015 is by die Prysuitdelingseremonie met die tema “In ons wêreld maak ons deure oop!” beloon.

 

Tydens dié glansgeleentheid is ons hoofleiers aangewys. Hulle is as volg: PJ Coetzee as hoofseun en Saartjie Breytenbach as hoofdogter. Die onderhoofseuns is Luca Fourie (Kultuur) en Henru Lamprecht (Sport). Christa Schutte is die onderhoofdogter Kultuur en Thando Bhembe onderhoofdogter Sport.

Conrad Grobbelaar & Charis Brundyn het uitgeblink tydens dié geleentheid deur Die Hoof se Toekenning te deel. Charis het ook die Voortrekker Kultuurerepenning vir die mees veelsydigste leerling ingepalm. Therese Seyffert is aangewys as Sportdogter van die Jaar terwyl PJ Coetzee die Sportseun van die Jaar toekenning ontvang het. Ashaan Sebastian het die toekenning vir Uitstaande Sportprestasie van die jaar ontvang en Saartjie Breytanbach die toekenning vir Uitstaande Kultuurprestasie.

Leerders het getoon dat akademie net so belangrik geag word as sport en die Dux leerlinge in die Senior fase is as volg:

• Gr. 4: Niandi Coetzee 91,17%

• Gr. 5: Lané Coetzee 88,33%

• Gr 6: Anja Smit 93,50%

• Gr. 7: Charis Brundyn 89,56%

DSC 0526  4 

Laeveld Prefekte besoek St. John’s Tehuis         

Ons jaarlikse St. John’s besoek deur ons skool se prefekte het op 28 Oktober plaasgevind. Die inwoners is elk bederf met ‘n pragtige geskenkie, heerlike eetgoed en noodsaaklike lewensmiddele. Daar is ook ‘n kontant donasie aan die instansie geskenk. Baie dankie aan die gemeenskap wat Laerskool Laeveld ook ondersteun het in hierdie projek met skenkings. Premier Miling, Food Lovers Market, AGTI, Nelspruit Auto Ford, Hi Q, Carine Potgieter & ouers, Sonpark Quickshop en ons prefekte ouers  wat geskenkies gaan koop het. Baie dankie ook aan Jos en Irené Grobbelaar vir hul insette om van die geleentheid ‘n reuse sukses te maak! (Foto's op d6 en FB)

DSC 0686    DSC 0721    DSC 0705