Welkom by Laerskool Laeveld

Veels Geluk Meneer Krüger!!

Baie geluk aan ons hoof, Meneer Theo Krüger, wat sy geboortedag reeds op 7 Januarie herdenk het. Laeveld maats het op eg Laeveldse manier vanoggend in die saal namens die skool sy verjaarsdag gevier! Ons weet dit gaan 'n besonderse jaar vol seën vir Meneer wees! KEN HOM EN LEEF! (Loer gerus op ons FB blad vir pragtige foto's).

Ons "Bou die Mure" in 2016!

               Bou

Laeveld se skaak spelers kraai koning op SA’s. 

Baie geluk aan die volgende leerders wat begin Januarie aan die Skaak SA’s te Kaapstad gaan deelneem het. Hulle het puik presteer. Laerskool Laeveld is baie trots op julle. 

Hainroux Erasmus, Pierre Janse van Rensburg (0/14 A span 3de), Rentia Booysen (0/14 A span 3de), Joshua van Heerden (0/10 A span 3de asook 0/10 Bord wenner en 0/10 Ope 3de) en Michael van Heerden (0/8 A span 3de asook 0/8 Ope 3de).

                                                 Skaak

My eerste skooldag...!!!

Baie welkom aan elke Gr. RR, R en Gr. 1 maat by ons skool. Sommige het 'n traan weggevee terwyl ander baie opgewonde is oor die GROOT skool! By Laerskool Laeveld leer ons om kastele te bou. Mag 2016 'n DROOM-jaar vir jou wees waar jy elke dag aan jou lewenskasteel gaan bou!

    sk 1       sk 2 

Solidariteit Helpende Hand reik uit na ons skool!

Baie dankie aan Solidariteit Helpende Hand (in die besonder Me. Michelle Swart) vir hul bydrae tot ons skool en maats deur die skenk van Gr. 1 Skooltasse asook hul "Help Hanna" projek. Met die ondersteuning van die gemeenskap kan ons voorwaar hoogtes bereik. Dit word opreg waardeer!

                                          DSC 0208