Welkom by Laerskool Laeveld

Laeveld spog met 2 Puma rugbyspelers.

Baie geluk aan Tijhan van der Walt en PJ Coetzee wat tydens die afgelope naweek se 0/13 rugbyproewe in die Pumaspan ingesluit is. Ons is baie trots op julle!

                                       Puma

Laeveld spog met drie nuwe toevoegings tot ons Bestuurspan. 

Baie geluk aan die volgende personeel wat die nuutste toevoegings tot ons skool se Bestuurspan is. Mnr. Niël Jacobs is aangestel as ons nuwe departementshoof Senior Fase (Afrikaans Medium)  terwyl Mnr. J.P. Hugo van Laerskool Barberton die pos van departementshoof Senior Fase (Engels Medium) gaan beklee. Mnr. André Barnard is aangestel as ons Sporthoof. Mag jul die poste met waardigheid beklee en Laerskool Laeveld tot hoër hoogtes voer. Ken Hom en Leef.

        DSC 0901

Laeveld "bou die mure" met Netbalvaardigheidsmiddag.

Baie dankie aan juffrou Leatitia en haar span vir die heerlike netbalvaardigheidsmiddag wat hulle vir Klipspringer aangebied het. Ons maats het nie net hul vaardighede ontwikkel en verbeter nie, maar dit sommer baie geniet.

    N1        N2

ATKV Redenaars Semi-finale 2016

Die volgende leerders wat op 19 April aan die ATKV  Redenaarskompetisie se eerste ronde by Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank, Mpumalanga deelgeneem het, gaan deur na die semi-finale ronde.  Baie geluk!

Gr 2 - Hanri Coetzee;  Gr 5 - Niandi Coetzee en Therese Seyffert;  Gr 7 - PJ Coetzee en Saartjie Breytenbach.

Die semi-finale vind Vrydag 3 Junie 2016 by Hoër Tegniese Skool Middelburg plaas. 

Baie sterkte!  Ons skool is baie trots op julle!

                            DSC 0288 2

Laerskool Laeveld Reënboog Pretloop ‘n reuse sukses!!

Baie dankie aan elke leerder vir hul bydrae tot ons jaarlikse Pretloop. Dit was ‘n reuse sukses en ons het ‘n rekord-bedrag  ingesamel!! Presiese syfers sal binnekort volg.  Baie geluk aan ons wenklasse wat die meeste geld ingesamel het.

Eerste: Gr. 1 R met ‘n bedrag van R 526-98 per leerder.

Tweede: Gr. 1 L met ‘n bedrag van R 313-00 per leerder.

Derde: Gr. 1 A met ‘n bedrag van R 303-70 per leerder. 

Laeveld se graad 1 leerders julle KOOK!!

Aan ons maats wat die meeste geld ingesamel het, baie dankie vir jul harde werk en entoesiasme.

Eerste: Tenei Stander Gr. 1 R met 'n bedraqg van R 2 300-00!  

Tweede: Charmone du Toit Gr. 1 R met 'n bedrag van R 2 240-00!       

Derde: Loughan Short Gr. 1 R met ‘n bedrag van R 1 760-00!               

Vierde: Vaughen Calits Gr. 1 L met ‘n bedrag van R 1 531-90!      

Vyfde: Shaylynn Vermoten Gr. 1 A met ‘n bedrag van R 1 500-00!

           PL