Welkom by Laerskool Laeveld

Laeveld se prinsesse glinster saam met hul pappas...!!!

Ons afgelope Pappa & Prinsesaand was weereens 'n glansryke geleentheid waar elke prinses spesiale tyd saam met haar pappa kon spandeer. Baie dankie aan elke ouer wat hierdie Gr. 7 Fondsinsamelingsprojek ondersteun het. Maats julle het pragtig gelyk!!

DSC 0353 2  DSC 0375 

Laeveld donateurs word bedank tydens Borgefunksie.

Laerskool Laeveld het onlangs tydens 'n Borgefunksie alle donateurs wat by die Eerste Krieketspan sowel as Eerste Hokkiespanne betrokke is, op eg Laeveldse wyse bedank.

Baie dankie weereens aan die volgende maatskappye / individue. Met jul ondersteuning kan ons hoë hoogtes bereik.

Sizabantu Piping: Greg & Diana Loock, Union Motors: Shaun Thies, Colleen Smit, Elvira van der Merwe & Yulandi Jansma. Rooitkat: Johan & Bessie Breytenbach, Seamless Guttering: Celeste Mostert, Lime Time: Linell Schmidt, Crossings Superspar: Christopher Christie, Two Red Pens: Harshill Mitha, LVM Makelaars: Wilna Steinberg, Buscor: Siyanda Nkosi, Discovery: Mnr. Visscher, Slush Puppie: Craig Niven. Harcourts: Boet Nothnagel, Elsabé Bruwer, Niël Coetzee & Tersia Fourie.

DSC 0239  DSC 0274 

Laeveld se twee kore sing dat die "biesies bewe" tydens jaarlikse Eisteddfod.

Baie geluk aan ons Junior- sowel as Senior koor wat beide 81% behaal het tydens hul Eisteddfod optrede. Dit getuig van ure se harde werk en toewyding. Baie dankie aan juffrou Elsabé en haar span vir jul motivering en opoffering. Ons is sommer baie trots op julle.

DSC 0333 3  DSC 0342 

Tannie Dora is 65...!!!! 

Laeveld het onlangs op 'n eg "sixties" wyse tannie Dora se 65ste verjaarsdag gevier en by die geleentheid ook afskeid van haar geneem. Sy was die afgelope 17 jaar aan Laerskool Laeveld verbonde waar sy menigte kinderhart aangeraak het. Ons het haar leer ken as die tannie in die kantoor met 'n vrolike lag en 'n sagte hart vir ons Laeveld maats. Loer gerus op ons FB blad vir nog foto's!

       DSC 0147 4                                  DSC 0111 3 

Skaak bly Koning.

Baie geluk aan die volgende 3 skaakspelers wat die Mbombela Substreek Skolespan gehaal het. Skaakmat vir jul, ons is baie trots op jul prestasie. 

Rentia Booysen, Hainroux Erasmus en Joshua van Heerden.

                                                       Mbombela span