Laerskool Laeveld spog met hul uitblinkers

Laerskool Laeveld het onlangs hul toppresteerders vir 2018 by ‘n prysuitdelingseremonie met die tema “HIER LEEF ONS!” beloon.

Tydens dié glansgeleentheid is die hoofleiers vir 2019 aangewys.  Hulle is as volg: JC Swarts as hoofseun en Milde Cronjé as hoofdogter. Die onderhoofseuns is Stefan Coetzee (Kultuur) en Ruan de Beer (Sport). Nina van Heerden is die onderhoofdogter Kultuur en Chrismari Britz  onderhoofdogter Sport.     

Die hoofleier van die Diensraad is Christiaan Havenga en die onderhoofleier Ruben Roos. Maroné du Plessis is aangewys as die hoofleier van die Mediaprefekte en onderhoofleier is Kelnic Harris.         

Mynhard Stassen het Die Hoof se Toekenning ontvang. Die Voortrekker Kultuurerepenning vir die mees veelsydigste leerling het vanjaar aan Niandi Coetzee gegaan. Therese Seyffert en Leoné Lamprecht het vanjaar die Sportdogter-toekenning gedeel terwyl Ruan Pretorius aangewys is as die Sportseun van die jaar.

Leerders het getoon dat akademie net so belangrik geag word as sport en die Dux leerlinge is as volg:

·        Gr. 4: Henru Herbst (92%)

·        Gr. 5: Henrike de Wet (94,2%)

·        Gr 6: Stefan Coetzee (91,2 %)

·        Gr. 7: Niandi Coetzee ( 93,7%)