Laeveld se 0/12A Netbalspan oppad na SA’s

Laerskool Laeveld se 0/12A netbalspan het vanjaar ‘n uitstekende seisoen beleef. Hul sluit dan ook die seisoen op ‘n hoogtepunt af deur die naweek 27 – 29 Julie aan die SA kampioenskappe vir laerskole te Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein te gaan deelneem.

Hulle speel verskeie wedstryde teen  onder andere Wierdapark, Glenwood, Eikestad, Malan De Vos en Mooirivier. Laerskool Laeveld se hart klop warm met trots vir hierdie span. Baie sterkte en hartlike dank aan die afrigters Me. Krüger en Möller vir julle waardevolle insette asook Me. Pienaar en Kathy-Anne Möller wat ook die span gaan vergesel.

           DSC 0279