Twee van Laeveld se atlete oppad na SA's!!

Baie geluk aan Ruan Pretorius en Roland Stoltz, twee atlete van Laerskool Laeveld,  wat die afgelope naweek ingesluit is in die Mpumalanga Atletiekspan wat gedurende 22-24 Maart aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te Potchefstroom gaan deelneem. Ruan gaan deelneem in die item hoogspring seuns 0/12 jaar met 'n afstand van 1,50m. Roland se 4,62m in die item verspring seuns 0/11 jaar het hom 'n plek in die span besorg.  

Baie sterkte manne, julle is ysters en Laerskool Laeveld is so trots op julle!

 

     DSC 0683