Windowtec Awnings & Blinds Prestige Atletiekbyeenkoms uit die boonste rakke!!!

Die afgelope naweek het die Windowtec Awnings & Blinds Prestige Atletiekbyeenkoms plaasgevind te Laerskool Laeveld. Dit was 'n byeenkoms van uitstaande gehalte waar menige rekord gespat het tussen topgehalte Laeveldse skole. Baie dankie aan Laerskool Lydenburg, Bergland, Malelane, Clivia, Klipspringer Primary, Curro Nelspruit asook Curro Meridian vir jul deelname. Meer as 500 atlete het hul staal gewys ter voorbereiding van die jaarlikse Interlaer.

Graag bedank ons weereens vir Me. Angie Louw van Windowtec Awnings & Blinds vir hul borgskap van die byeenkoms asook vir Mnr. Hendrik van Vuuren van Mpumalanga Sound Hire vir die klank. Ouers ondersteun gerus hierdie twee maatskappye. Loer gerus op FB vir pragtige foto's.

DSC 0192 1     DSC 0254 2