Laerskool Laeveld boer vooruit!

Laerskool Laeveld het onlangs hul toppresteerders vir 2016 by ‘n prysuitdelingseremonie met die tema “Laerskool Laeveld boer vooruit!” beloon.

Tydens dié glansgeleentheid is die hoofleiers vir 2017 aangewys.  Hulle is as volg: Luan Steyn as hoofseun en Karien Goosen as hoofdogter. Die onderhoofseuns is Tiaan Bronkhorst (Kultuur) en Nicolaas van Niekerk (Sport). Mieke Louw is die onderhoofdogter Kultuur en Ané Janse van Rensburg onderhoofdogter Sport.            

Saartjie Breytenbach het Die Hoof se Toekenning asook die Voortrekker Kultuurerepenning vir die mees veelsydigste leerling ontvang. Ané Janse van Rensburg is aangewys as Sportdogter van die Jaar terwyl die Sportseun van die Jaar toekenning gedeel is tussen PJ Coetzee en Marco Capazorio.  

Leerders het getoon dat akademie net so belangrik geag word as sport en die Dux leerlinge is as volg:Gr. 4: Stefan Coetzee (92%), Gr. 5: Niandi Coetzee (92,3%), Gr 6: Ané Janse van Rensburg (87,5%) en Gr. 7: PJ Coetzee (91,7%).

(Loer gerus op FB vir pragtige foto's).

    DSC 0511 4        DSC 0512 3